Vier Algemene Style van Ouerskap
Deur die jare is ouerskap is iets wat op baie verskillende maniere deur elke ouer gedoen is. Gewoonlik beoefen elke ouer ‘n instinktiewe styl van ouerskap, sonder om veel aandag te gee aan die voor- en nadele van die spesifieke daardie styl. Hierdie is ‘n kort oorsig oor die vier mees algemene ouerskapstyle, en ouers kan hulself hierin probeer herken en sien hoe dit hul kinders se opvoeding mag beїnvloed, asook hul eie verhouding met hul kinders mag raak.
Kikker ‘n Kamer op met Matte
Die byvoeging van matte is ‘n vinnige manier om ‘n kamerskema op te kikker.
Matte verskaf ‘n lewende sensasie wanneer jy oor hulle loop, veral kaalvoet, en bied ook interessante estetiese moontlikhede. Matte is soomloos en verenig dus spasies, maar kan ook gebruik word om areas af te baken. Matte bied veelsydige oplossings vir binnenshuise versiering as gevolg van al die kleure en teksture waarin hulle voorkom. Matte gee aan spasies ‘n natuurlike voorkoms en gevoel, alhoewel hul van delikate materiaal gemaak is en nie aanklank vind by humiditeit nie.
‘n Gids tot Slaapkamerversiering
Wanneer jy’n slaapkamer versier, hou ingedagte dat die eindproduk ‘n unieke en onvergeetlike indruk moet skep. Kleure, spasie en versierings bepaal die kamer se atmosfeer, en as dit goed gekombineer is, kan dit ‘n definitiewe, aangename voorkoms skep.
Kort Geskiedenis van Koffie
Dit is waarskynlik algemeen bekend dat koffie in Ethiopië ontdek is. Die ‘rooi’ kersies wat die skape geëet en baie aktief geraak het, is deur die skaapwagter huistoe geneem en geproe en dit het later bekend geraak as die duiwel se vrugte, word natuurlik koffie soos die wêreld dit vandag nog ken. Dit is egter net een van die verhale wat sentreer rondom die geskiedenis van koffie. Nog ‘n verhaal wat al vir ‘n geruime tyd die rondte doen, behels ‘n Arabier wat koffiebone gebruik het om van ‘n ballingskap te oorleef en dit is ontdek naby die dorp genaamd Mocha, en dus verwys ons ook na koffie as Mocha. Soos jy verder lees, is daar nog meer van hierdie interessante koffie-feite.
Koffie-feite
‘n Goeie koppie koffie is soos goeie wyn en goeie gehalte sigare. Daar is verskillende tipes koffiebone en dit bepaal die geure wat die versnit aan die koffie-fynproewer bied.